Eerste Tree tot 'n Lewe met Ritme
Wat is in die kursus?
-
Sewe videosessies
-
Kursushandleiding
-
PDF-drukstukke
-
Persoonlike kontak met 'n herder
Begin by kennis van God
Aanbieders
Andries, sy vrou Viki en hulle vier kinders woon in Austen Texas, VSA.
Jean Marais is mede-leraar by Alberton Lewensentrum wat die dienste, aanbidding, bedieninge, en versorgingsafdelings van die gemeente bestuur. Hy is al van jongs af betrokke in kerk, meer spesifiek in aanbiddingspanne. Hy verwerf sy pastorale diploma in 2002 en was sedertdien betrokke by verskeie gemeentes. In 2017 sluit Jean by Alberton LewenSentrum aan. Hy het ook heelwat CD-opnames gedoen en was betrokke by vele konferensies se aanbidding. Tydens die Daniëlsmanne Konferensie in 2009 word 'n DVD opgeneem waarvoor hy ’n SAMA nominasie kry. Jean en sy vrou, Rhiëté is ook die skeppers van die bekende kinderproduksie en TV-karakter, Ronnie die Renoster. Met die produksie het hulle by talle skole, kerke en feeste bedien. Dit was ook ’n gereelde program op kykNET NOU! Hulle het drie kinders: Jaden, Mecayla en Owen.
Leon Thiardt is huidiglik die herder van die jong volwasse groep 19-35, asook die Lewensgroep -koördineerder.
Leon het 'n besondere liefde en passie vir mense en hul geestelike ontwikkeling. Hy is ingestel daarop om mense te motiveer om hulle volle potensiaal in Christus te ontdek en uit te leef.
Leon is ‘n gekwalifiseerde paramedikus en het vir 6 jaar gepraktiseer voor die Here hom vir voltydse bediening geroep het. Hy hou van lag en om tyd met mense te spandeer. Leon is versot op motorfiets ry en het moontlik n effense koffieverslawing.
Leon is onlangs met Leandri getroud en geniet nog die jonggetroude lewe.