Alles Wat Man Is

Hierdie kursus is gebaseer op "Quest for Authentic Manhood" en leer jou om man te wees na aanleiding van die voorbeeld wat Jesus gestel het gedurende sy 33 jaar op aarde.
Leer by Jesus oor jou rol as man

Wat is die woord van God se riglyne vir my as man?

  • Vyf sessies
  • Een werkboek
  • Vrae vir persoonlike nadenke
  • Persoonlike kontak met die kursusaanbieder

Ons uitnodiging 

Kom uit die duister en kom leer by Jesus. Dis immers Hy wat sê: "Ek is die weg en die waarheid...."

Drie waarhede vir mans

  • 'n Wil om gehoorsaam te wees.
  • 'n Werk om te doen.
  • 'n Vrou om lief te hê.

Genesis 1: 26

" Kom Ons maak 'n mens, 'n mens wat iets van My in hom het en selfs 'n bietjie soos Ek lyk."

Skrifgedeeltes

Genesis 1: 26 - 28
Genesis 3: 6 -7
Romeine 5: 8- 9
Romeine5: 18 - 19
Mattëus 6: 19 - 20
Markus 10: 45
1 Korintiërs 9: 24 - 27  
Ontmoet die aanbieder

Francois Fouché

Francois Fouche is sedert 2018 'n herder by Alberton LewenSentrum en bedien die ouderdomsgroep 36-48 jaar. Hy is ook die bedieningshoof van die gemeente se welsynsaksie en internetbediening. Francois was vir jare ‘n besigheidsman  maar het in 2007 besluit om sy passie vir die bediening sy loopbaan te maak.  Sedert 2007 dien hy in verskeie bedieninge in verskeie gemeentes.  Hy het sy pastorale studies aan die Auckland Park Teologiese Seminarium voltooi.  Francois  is getroud met Gerda en die trotse pa van 'n hele paar kinders tussen  5 en 26 jaar oud.   
Francois Fouché

Deel hierdie kursus met vriende en familie