Ken God...bou verhouding
Geestelike Groei
Die kursusse op hierdie platform is beskikbaar gestel om jou te help om geestelik te groei.
Praktiese Toepassing
Ons aanbieders gee deurentyd raad oor hoe om God se woord prakties toe te pas in jou lewe.
Lesinglokaal
Ons besef dat die plek waar mense leer, verander en dat die oordrag van kennis van die lesinglokaal moet skuif na die rekenaar of selfoon wat byderhand is. Ons streef egter steeds daarna om persoonlike kontak met jou te hou.
Praat Met Ons
Alhoewel hierdie 'n internet platform is, wil ons jou aanmoedig om enige tyd met ons in verbinding te tree as jy persoonlike raad nodig het, en/of as jy enige vra oor die inhoud van die kursus het.
Ons Kursusse
\Learnworlds\Codeneurons\Pages\ZoneRenderers\CourseCards
Ons Aanbieders
Andries het Alberton LewenSentrum in 1999 gestig en is steeds die gemeente se presiderende pastoor. Hy is nie net 'n uiters begaafde prediker nie maar ook 'n talentvolle skrywer.
Andries Enslin
Jean Marais is mede-leraar by Alberton LewenSentrum waar hy die dienste, aanbidding, bedieninge en versorgingsafdelings van die gemeente bestuur. Hy verwerf sy pastorale diploma in 2002 en was sedertien betrokke in verskeie gemeentes. Jean het in 2017 aangesluit by Alberton LewenSentrum.
Jean Marais
Francois Fouché het sy studies in 2007 voltooi en sedertdien
sy passie uitgeleef in verskeie gemeentes en bedieninge. Francois is sedert 2018 herder by Alberton LewenSentrum
en bedien die ouderdomsgroep 36-48 jaar. Hy is ook die bedieningshoof van ons welsynsaksie, sowel as die internetgemeenskap.
francois fouche
Quenita is vanaf 2016 'n vrywilliger by LewenSentrum se jeugbediening. In 2017 het sy voltyds by die gemeente betrokke geraak en behartig huidiglik die herderlike versorging vir die meisies tussen 12 en 18 jaar. Sy is tans besig met haar finale semester in teologie.
QUENITA gROBLER
Herman is die herder vir die
groep 61 plus . Hy werk sedert 2004 as berader by LewenSentrum en die afgelope 8 jaar as herder en berader. Hy het 'n honneursgraad in sielkunde en spesialiseer in pastorale berading. Herman doen al berading vanaf 1999. Hy stel spesifiek belang in menslike emosies en fokus veral op trauma en die laaste lewensfases.
hERman COETsER
Willie is al vier jaar 'n herder by Alberton LewenSentrum. Hy doen die pastorale versorging van die ouderdomsgroep 49-60 jaar. Willie het in 1990 sy diploma en in 2004 sy honneursgraad in praktiese teologie voltooi. Berading was een van sy vakke en daarom bied hy ook die huwelikskursus aan. Hy doen ook voorhuwelikse berading.
Willie is ook betrokke by die sosiale bedieninge van die gemeente, soos kunsterapie, voetslaan, parkrun en kampeeraksie.
WILLIE COETZEE
sluit aan by ons gemeenskapsbrief
Bly Op Datum
Thank you!
Bly op hoogte van nuwe kursusse by die LewenSentrum-skool.
Write your awesome label here.